Australië & NewZealand Toer

Jammer julle moes so lank wag vir bietjie nuus oor die onlangse toer maar ons is maar besig met opnames en “shoots” gewees.

Ons vlug vertrek vanaf OR Tambo op 04 Oktober om 22:30 na Perth. Lekker rond gehardloop op die lughawe opsoek na “bubble-wrap” vir my “babies” (kitare) . Lekker gelag en sommer baie sports op die lughawe gehad. Na omtrent 2 ure is ons inge-check en kan ons rustig ietsie gaan eet by die alombekende en gewilde Spur op die lughawe………

Tyd om te “board”. Sit en wag, en wag, en wag…… vlug is vertraag. Ons was veronderstel om 13:25 daar te land maar weens die ou vertragingtjie mis ons die vlug na Port Hedland waar die eerste vertoning sal wees. Op lugredery kostes word ons in ‘n hotel bespreek en kry eers die volgende oggend ‘n vlug na “destination” Port Hedland. Port Hedland is ‘n myn dorpie in die woestyn en vrek warm.

Ek en Johan het hier op die lughawe gesit waar ons, onself verkyk het aan 2 mense wat ‘n groot stuk sement slab gooi . Ek het eers gedink die ander manne is op hulle etensbreuk maar na ongeveer 4 ure het ons agtergekom dat dit die enigste 2 manne is wat die werk doen…….Dit was vir ons baie snaaks. Dalk was dit ook die moegheid wat begin inskop het want nou lag ons vir alles! Julle verstaan nie hoe die tydverskil ding mens onvergooi nie!

Die volgende oggend vertrek ons na Perth waar ons die aand optreet. Daar was ongeveer 200 mense by die show. Stunning gehoor gehad en dit was great om te sien hoe die mense die Afrikaanse taal / musiek waardeer. In Perth het ons het by die mooiste gholfklub gebly. Die plek se naam is die Joondalup Resort.

Die volgende oggend het ons 4:00 opgestaan om betyds te wees vir ons 6:30 vlug na Melbourne. In Melbourne het Arno Nel wat die Australië deel van die toer gerëel het ons by die lughawe ontmoet. Hy het ons bietjie die stad gaan wys .Toe het ons gaan” soundcheck” doen. Daar was so 250 mense by die vertoning.

Die volgende oggend vertrek ons om 06:00 per vliegtuig na Brisbane. Dit rëen “katte en honde” toe ons daar land. Die aand met die vertoning het dit nog steeds gerëen maar dit kon nie die skare mense stop om saam ons te kom kuier nie. Daar was so 800 mense.

Die volgende oggend 11:00 het ons gevlieg van Brisbane na Rockhampton. Die aand het ons by die casino opgetree en daar was 100 mense.

Die volgende more het ons met 'n huurmotor vertrek van Rockhampton na Bundaberg .Dit was vir ons baie lekker gewees om bietjie rond te ry en bietjie meer van die Australiese “countryside” te sien. Toe ons in Bundaberg aankom het ons bietjie gaan kyk na die plek waar hulle Bundaberg Rum maak. Dit was baie interessant. . . . . .

Die volgende more het ons vertrek na Brisbane waar ons die eerste afdag gehad het van die toer. Ons het die aand 'n lekker braai gehad in Brisbane.

Die volgende oggend vertrek ons 11:25 na NZ en land ons 5:25 in Auckland.
New Zealand is n pragtige land waar die mense heeltemal rugby mal is. “n Plek waar mens waarlik 4 seisoene in 1 dag beleef.

Die eerste vertoning was Hamilton. Dit was ‘n gtoot sukses gewees met ongeveer 400 mense in die gehoor..

Die volgende aand was die hoofkonsert in Auckland by die Bruce Mason Teater. Weer was daar ongeveer 800 mense.

Die volgende dag was die vertoning in Whangerei .Dit was 'n middag vertoning en die saal was stampvol mense. Daarna is ons op toer geneem - 'n vlug in 'n ligte vliegtuig oor Auckland en die eilande. Wat ‘n belewenis!

Volgende dag is ons na Napier. Die vertoning was ook 'n groot sukses gewees.
Die volgende more het ons vertrek na Wellington waar ons vir 2 dae bietjie kon rus.

Die 2de aand het ek en Johan bietjie uitgegaan waar ek toe 1 van die local bands se show oorgeneem het en vir die mense Mustang Sally gesing het. ‘n Onvergeetlike aandjie!

Saterdag het ons gevlieg na Christchurch waar al die aardbewings op daardie stadium plaasgevind het. Ek en Johan was maar redelik skrikkerig, en het vir die mense by die hotel gevra of ons asb ‘n kamer op die grondvloer kan kry.

Die aand het ons’ n vertoning gehad in die Aurora Center Auditorium .Daar was ongeveer 150 mense gewees.

Die volgende more het ons vertrek na Ashburton. Dit was ook baie mooi gewees. Ons het die middag 'n lekker boere middag ete geniet op ‘n plaas saam ‘n klomp Suid Afrikaners. Na ete het hulle ons die melkplaas gewys en ons het gesien hoe 3 mense 800 koeie melk. Daardie middag het ons ‘n vertoning in die dorp gehad. Dit was baie aangenaam en daar het so 100 mense opgedaag om die vertoning te sien.

Dit was die einde van ons toer gewees .Die volgende more vertrek ons uit Christchurch so net na 7:00. Vandaar na Sydney en toe die 15 ure vlug terug na Suid -Afrika. Vir my mense het ek laat weet “dis nou tyd….. 4:40 more oggend vir julle…hier by ons? Ons sien julle vandag, julle sien ons more???” Die tyd verskil is baie erg!

Die toer was ‘n Great Sukses en dankie vir almal daar vir die ondersteuning!