Biografie

Dozi, die jongste van Theuns en Susan Opperman is gebore in Hluhluwe, waar hy vlot Zoeloe leer praat het by sy Zoeloe maatjies op die plaas. Sy ouers verhuis na ‘n plaas naby Standerton, toe hy ses jaar oud is. Hy gaan skool te Leslie Laerskool en vandaar is hy Standerton Hoërskool toe vir twee jaar. Dozi kon nie lekker aanpas by die koshuis lewe nie. Vandaar is hy Evander Hoërskool toe want hy wou kuns of musiek as exstra vak neem en Evander het kuns aangebied. Op skool tree hy alreeds by verskeie geleenthede op soos die revue, vir die meisies as hy moet LO doen en hier en daar by 'n partytjie. Daar was maar nog altyd die liefde om musiek te maak. Min het hy geweet op daardie jonge ouderdom, Musiek vloei in sy are!!

Hy het skool voltooi en het Grafiese Ontwerp aan die Technikon Pretoria gaan studeer. Daar het hy maar die koshuis ding gedoen. Dozi het in Lezard manskoshuis, (toe nog in die stad regoor die HF Verwoerd Hospitaal) gebly. Dis daar waar hy die bynaam van Dozi gekry het omdat hy so lief was vir sy slaap. Grafiese ontwerp het hy vir twee jaar gedoen en toe raak hy moeg vir swot. Hy besluit toe om n "break" te vat. Hy gaan Potchefstroom toe vir sy weermag opleiding. Hy het dit vir twee jaar gedoen, HOEKOM, want hy moes. Alhoewel as hy terugdink en praat daaroor sou jy sweer dis een van die beste dele in sy lewe.

Toe kom hy terug Pretoria Technikon toe om sy studies te voltooi. Nou is hy so half n senior. Een aand gaan eet hy en van sy pelle by die Golden Eagle Spur en daar raak hulle aan die sing. So begin die mense hom nooi na hulle tafels toe vir versoeke. Aan die einde van die aand vra die eienaar van die plek hom of hy dit op 'n meer gereelde basis sal kom doen. Dozi stem toe in. Daar en dan het hy sy eerste werk as sanger. So het die gigs begin inkom, Spur, Pumphouse, Jaquelines, Cherry's Too, Rumours, Steamers, Oyster Bar, Midnight Actors Grill, Wipple Tree ens. In sy tweede jaar uit die weermag, terug by die swotings, en nou al 'n singende sensasie in Pretoria, besluit hy om bietjie uit die koshuis uit te trek en by sy groot guitar pel Mel Botes te gaan bly. Hulle het toe 'n band begin met die naam 'MEL en DOZI'. 'n Jaar of so later het hulle opgebreek en Dozi het saam n aspirant prokureur n band begin. 'JAKES en DOZI' het vir n hele paar jaar Pretoria op horings gehad met hulle unieke weergawes van Simon en Garfuncle, Bob Dylan, Bruce Springsteen ens. Tot vandag nog sê mense wat dit beleef het dit was seker die beste "two piece band" van daai tyd.

In dieselfde tyd, terwyl Dozi nog die pubs "aan die brand" sing, ry hy een aand van sy ouers se plaas af terug Pretoria toe. Hy en twee pelle stop in Babsfontein vir iets om te eet en drink. Daar is Hansie Roodt en die Polisie Orkes besig om op te pak na 'n optrede. 'n Pel van Dozi vra toe vir Hansie of Dozi vir hom iets kan sing. Toe Hansie Rootd hom hoor, vra hy hom om te kom sing in die Polisie Orkes. Na 'n hele rukkie sluit hy aan by die Polisie Orkes onder leiding van Hansie Roodt. Dozi sing toe nog steeds in pubs en van agt tot een deur die dag is hy by die Polisie Orkes. Hier ontmoet hy vir guitarmeester Blackie Swart en vele ander baie goeie musikante. Vir 2jaar lank is Dozi deel van die Polisie Orkes.

Na dertien jaar se harde werk, swoeg en sweet, gaan kuier hy een dag by oom Hansie Roodt. Hy speel toe vir hom van sy eie Zulu komposisies. Die volgende dag het oom Hansie vir Dozi opgelaai en hom na plate-baas Boet Pretorius geneem. Van hier af ken ons eers vir Dozi......... Hier word sy eerste album in 1999 opgeneem.
Soos Dozi altyd se:
'Ek het nie idols gewen nie'

* “Mercy” is ‘n geestelike Zoeloe album. Vogens Dozi sy beste. Toe is daar 'n aanvraag vir die wit reus om in Afrikaans te sing. Mense wou dit hoor.
* In 2000 word sy eerste Afrikaanse album “Op Aanvraag” uitgeryk.
Dit is ‘n treffer en meer as 100 000 kopieë word verkoop wat die album dubbel platinum status laat bereik.
* Sy volgende album “Storm op die Horison”
2001 vrygestel en bereik ook platinum status.
* Gedurende February 2003 word “Siyaya – Ons Gaan…” uitgereik.
Dozi het platinum toekennings ontvang vir beide “Storm op die Horison” en Siyaya, gedurende Aardklop 2003.

Gedurende die KKNK van 2004 het Dozi, behalwe vir sy gewone optredes ook opgetree saam met Jannie Moolman en die Afrika Mamas. Hierdie produksie het ‘n Kanna toekenning gewen vir die gewildste produksie by die Fees. Gedurende Augustus 2004 stel Dozi nog ‘n album bekend “Kruispad”. Hierdie album weerspieël sy veelseidigheid as kunstenaar en sy vermoë om elke liedjie, hetsy ernstig of humorisites uit die hart uit te sing.

Dozi en sy orkes het gedurende Junie 2005 ‘n baie suksesvolle toer in Amerika gehad en op 11 Julie 2005 word Dozi as 'n 46664 ambassadeur aangewys deur die Nelson Mandela Stigting ten bate van navorsing en hulp vir Vigs slagoffers.
Gedurende Novemebr 2005 tydens die Vonk Musiektoekennings, word Dozi aangewys as die wenner in die kategoeire “Liedjie van die jaar” met die snit “Grassade in die Wind”
Dozi wen ook die kategorie “Beste Solo Kunstenaar” met die album “Kruispad”.

Dozi word eksklusief genooi deur Winnie Madisiki-Mandela om by een van haar hoogs-aangeskrewe funksies op te tree wat bygewoon word deur vele staatshoofde.
Dozi tree ook gedurende Augustus 2007 op in Monaco vir Prins Albert. By hierdie funksie is staatshoofde en koningklikes van reg oor die wêreld insluitende die koningklikes van Monaco, en voormalige VSA-Staatspresidient, Bill Clinton.