Welcome to

GOUD is GOUD

Dozi se album "Kom 'n Bietjie Binne" het GOUD gegaan.

Gaan kyk gerus onder die Spaza Shop om die immergewilde sanger se "GOUE" CD aan te koop.

Ons bedank almal vir die ondersteuning om dit moontlik te kon maak.

foto: 

TOWERKOP

Die Musiek Video vir "Towerkop" op Dozi se nuutste Album - Terug by die Begin - is onlangs geskied en sal binnekort bekend gestel word.

Gaan kyk gerus onder sy Foto's om die apteit effe te kikker. Hierdie is 'n besliste wenner.

foto: 

DOZI TOER SEKEDULE

Dinsdag 22 Maart - Musicians Lounge, Welkom
Woensdag 23 Maart - CD's Pub & Grill, Bloemfontein
Donderdag 24 Maart - Karookeur Hotel, Orania
Vrydag 25 Maart - Die Merino Restaurant, Victoria Wes
Saterdag 26 Maart - Dorpstraat Teater, Stellenbosch
Maandag 28 Maart - Die Boer, Durbanville
Dinsdag 29 Maart - The Stage, Tygervalley
Vrydag 01 April - Kuilsrivier
Saterdag 02 April - Die Skuur, Hermanus
Donderdag 07 April - Pierneef Teater, Valleria
Vrydag 08 April - Steak 'n Ale, Centurion

Dozi keer terug na sy “wortels” met sy splinternuwe album Terug By Die Begin.

Die alomgewilde rasperstem-sanger Dozi en die gesoute liedjieskrywer Stef Kruger was nog altyd ‘n wen-kombinasie. Dozi het al nie minder as 59 liedjies van Kruger opgeneem - waarvan vele liedjies soos Tussen Jou en My, Ma se Song en Grassade in die Wind groot treffers geword het. Die twee ‘groot geeste’ in die musiekbedryf loop al ‘n suksesvolle pad sedert Dozi se eerste Afrikaanse album Op aanvraag waarvan Stef ‘n groot gros liedjies geskryf het. (Op Aanvraag het meer as 100 000 eksemplare verkoop en dus dubbel-platinum status verwerf.) Hul suksesvolle vernnootskap is voortgesit en Stef het op Dozi se album Siyaya (wat platinum-status verwerf het) tien liedjies geskryf en op Dozi se album Kruispad het weer twaalf liedjies uit Stef se pen gekom.
Dozi vertel dat Stef intussen na Oudtshoorn verhuis het en dat hy besig was met ander projekte - dus het hulle die afgelope paar jaar nie meer so nou saamgewerk het nie.
“Ons het egter onlangs weer besluit die tyd is nou ryp om te begin by die begin en weer saam te span - vandaar my jongste album Terug by die begin se titel,” verduidelik Dozi.

Stef het nie minder as veertien nuwe liedjies op Terug by die begin geskryf en Dozi het self een liedjie, Wasifela (‘n Zoeloe gospelliedjie wat beteken ‘Hy het vir ons gesterf’) neergepen. Stef se manier van skryf lê hom baie na aan die hart, vertel Dozi.
“Stef se lirieke is betekenisvol en van sy liedjies vertel ook lekker stories,” meen Dozi en hy verwys na Stef se liedjies Mot en Leelatjie op sy nuwe album.
“’n Mens kan met Stef se liedjies identifiseer.” Van die liedjies wat Stef spesiaal vir die nuwe album geskryf het, pas Dozi se rasperstem soos ‘n handskoen.
Stef vertel sy inspirasie vir liedjies kom uit gebeure en mense wat hy op sy pad teëkom, vertel Stef. “Ek is baie lief vir fotografie en het onlangs foto’s in ‘n kleuringgebied gaan neem waar ek toe ‘n seuntjie raakgeloop het wat na sy ma en sy pa soek. Ek het toe Weggooikind daarna geskryf. “Ek kry ‘n idee en skryf dan baiekeer die storie klaar. Die liedjie Leelatjie spruit byvoorbeeld uit ‘n storie oor ‘n straatvrou wat werk om aan die lewe te bly. Ek het die storie sowat vyf jaar gelede by iemand op ‘n vliegtuig gehoor en toe die liedjie gaan skryf.” Stef sê dat dit vir hom baie lekker was om weer die ou bande met Dozi op te tel. “Toe ons nou weer met die nuwe album saamgewerk het, het dit gevoel of ons nooit opgehou het om saam te werk nie.”
Dozi word ondersteun deur top musikante soos Denny Lalouette (baskitaar) Vinnie Henrico (dromme) en toonaangewende trompet- en saxofoon-spelers op sy twaalfde album. ‘n Paar kinderkore se klokhelder stemme komplementeer Dozi se rasper-stem op ‘n paar liedjies.

Terug by die Begin word vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn bekendgestel. Dozi gaan beslis van sy nuwe liedjies - sowel as ou treffers - tydens sy vertonings by die KKNK sing. Voor die KKNK gaan hy ook eers bietjie in die Kaap rond toer om sy nuwe album daar bekend te stel.
Benewens sy nuwe solo-album beplan Dozi en Nianell ook ‘n tweede duet-album wat later vanjaar opgeneem word. Die twee gewilde sangers se eerste duet-album Take Two is ‘n groot verkoper onder musiekliefhebbers en hulle gaan vanjaar ook nog gereeld die verhoog deel.

Dozi (44) vertel dat hy nou op ‘n baie ‘gelukkige plek’ in sy lewe is.
“As ek nie optree nie, is ek meesal by my huis hier by Hartebeespoortdam waar ek kitaar oefen of in my tuis-gimnasium oefen.” Maar hy het nog glad nie moeg geword vir konsert-hou nie. “Ek is op my gelukkigste wanneer ek sing. Dit gaan hoegenaamd nie vir my oor hoeveel CD’s ek verkoop, hoe bekend ek word of vir hoeveel mense ek sing nie.“Of ek nou vir twee mense sing - soos ek destyds in die pubs gedoen het - of vir 4 000 mense, dit is nie vir my belangrik nie. Solank ek net kan sing - musiek is my lewe en ek wil nooit iets anders in my lewe doen nie.”

foto: 

Dozi gets back to his “roots” with his latest album Terug By Die Begin.

The well-known singer with the husky voice, Dozi, and the seasoned songwriter Stef Kruger have always been a winning combination. Dozi recorded no less than 59 songs of Stef up to date - many of these songs like Tussen Jou en My, Ma se Song en Grassade in die Wind became big hits. These two ‘music-ghoeroes’ in the local music industry formed a successful collaboration since Dozi’s first Afrikaans album Op aanvraag for which Stef penned numerous songs. (Op Aanvraag sold more than 100 000 copies and received double-platinum status.) Their successful partnership elaborated in another popular album Siyaya (platinum-status) for which Stef composed ten songs and Dozi’s album Kruispad boasted no less than ten songs written by Stef.
Since then Stef moved to Oudtshoorn Dozi worked on other projects and therefore their working relationship came to a standstill.

“We decided recently that it is time to work together again - and therefore the title of the new album Terug by die begin”, explains Dozi.

Stef composed no less than 14 songs for Terug by die begin and Dozi composed one song, Wasifela (a Zoeloe gospel song which means ‘He died for us’ ).
Dozi loves Stef’s style of song writing. “Stef’s lyrics are meaningful and the songs also tells beautiful stories,” he says and refers to the songs Mot and Leelatjie on the new album. “One can identify with Stef’s songs.
Some of the songs on the new album suits Dozi’s style and husky voice perfectly.
Stef admits his inspiration for his songs stem from incidents and people who cross his path.

“I love photography and was taking picture recently in a coloured area when a little boy approached me and asked me where his mother and father are. This incident lead to the song Weggooikind. “I get an idea and finish the story by myself. The song Leelatjie is about a women on the streets who tries to make a living. I heard the story five years ago on a plane and composed a song afterwards about this extraordinary woman.”
Stef said it was wonderful to pick up his old partnership with Dozi.

“While working on the new album, it just felt like we never stopped working together.”
Top musicians like Denny Lalouette (bass) Vinnie Henrico (drums) and talented trumpet- and saxophone players support Dozi on his twelfth album. The angel voices of children choirs also compliment Dozi’s distinctive voice on a few songs.
Terug by die Begin will be released at this year’s Klein Karoo National Arts festival in Oudtshoorn. Festivalgoers van also catch Dozi in action at the festival where he will sing old favourites as well as his latest songs. Prior to the KKNK he will also tour in the Cape to promote his latest album.

Besides his new solo-album Dozi will also collaborate with Nianell for another duet-album. (Their previous duet-album Take Two has been a big hit). They will also perform together at various occasions. Dozi (44) admits he is in a ‘very happy spot’ at this stage of his life. “When I am not performing, you will catch me at my home near the Hartbeespoortdam where I will practice guitar or sweat it out in my home gymnasium.”
He hasn’t become tired of performing at all. “I am the happiest person when I sing. I don’t mind how many CD’s I sell or how many people are in the audience.
“Whether I sing for two people - like I used to do in my younger days - or for 4000 people, that is not important. As long as I can sing - music is my life and I can’t imagine doing anything else.”

foto: 

DOZI - Geduld kos niks nie! (Toer Skedule)

Dinsdag 22 Maart - Musicians Lounge, Welkom
Woensdag 23 Maart - CD's Pub & Grill, Bloemfontein
Donderdag 24 Maart - Karookeur Hotel, Orania
Vrydag 25 Maart - Die Merino Restaurant, Victoria Wes
Saterdag 26 Maart - Dorpstraat Teater, Stellenbosch
Maandag 28 Maart - Die Boer, Durbanville
Dinsdag 29 Maart - The Stage, Tygervalley
Donderdag 31 Maart - Gatta Patat Teater, Kaapstad
Vrydag 01 April - Kuilsrivier
Saterdag 02 April - Die Skuur, Hermanus
Donderdag 07 April - Pierneef Teater, Valleria
Vrydag 08 April - Steak 'n Ale, Centurion

DOZI "BRANDED CLOTHING" BESKIKBAAR

Dozi word nie sommer gesien sonder sy unike leër en koper armbande nie. Dit het al deel van hom geword! Menige aanhangers het al versoeke gerig hieroor....... Ons het aan die werk gespring en presies dit laat maak.

Ons het ook ons initiafief laat "loop" en sommer sy berigte "Beanies" laat maak wat hy so getrou dra in die winter maande.

Nog vele meer items is laat maak vir aanhangers!!

Gaan kyk onder ons Spaza Shop en plaas jou bestelling so gou moontlik. Daar is beperkte aantal voorraad beskikbaar. Daar gaan nie 'n "re-print" van hierdie reeks wees nie.

foto: 

MUSIKALE MANIA

Music Profile Management toer in Mei/Junie 2011 met Dozi, Amor, Zak, Bianca, Diederik en Jamie-Lee. Gasaanbieders is Eagan & Loui van Tonge Los!

foto: 

Take Two: You're The One That I Want

Die nuwe Album is vrygestel!! Voorwaar die beste kombinasie van die twee stemme. Dozi en NiaNell op hulle beste en 'n besliste kopie vir elke aanhanger.

foto: 

Australië & NewZealand Toer

Jammer julle moes so lank wag vir bietjie nuus oor die onlangse toer maar ons is maar besig met opnames en “shoots” gewees.

Ons vlug vertrek vanaf OR Tambo op 04 Oktober om 22:30 na Perth. Lekker rond gehardloop op die lughawe opsoek na “bubble-wrap” vir my “babies” (kitare) . Lekker gelag en sommer baie sports op die lughawe gehad. Na omtrent 2 ure is ons inge-check en kan ons rustig ietsie gaan eet by die alombekende en gewilde Spur op die lughawe………

Tyd om te “board”. Sit en wag, en wag, en wag…… vlug is vertraag. Ons was veronderstel om 13:25 daar te land maar weens die ou vertragingtjie mis ons die vlug na Port Hedland waar die eerste vertoning sal wees. Op lugredery kostes word ons in ‘n hotel bespreek en kry eers die volgende oggend ‘n vlug na “destination” Port Hedland. Port Hedland is ‘n myn dorpie in die woestyn en vrek warm.

Ek en Johan het hier op die lughawe gesit waar ons, onself verkyk het aan 2 mense wat ‘n groot stuk sement slab gooi . Ek het eers gedink die ander manne is op hulle etensbreuk maar na ongeveer 4 ure het ons agtergekom dat dit die enigste 2 manne is wat die werk doen…….Dit was vir ons baie snaaks. Dalk was dit ook die moegheid wat begin inskop het want nou lag ons vir alles! Julle verstaan nie hoe die tydverskil ding mens onvergooi nie!

Die volgende oggend vertrek ons na Perth waar ons die aand optreet. Daar was ongeveer 200 mense by die show. Stunning gehoor gehad en dit was great om te sien hoe die mense die Afrikaanse taal / musiek waardeer. In Perth het ons het by die mooiste gholfklub gebly. Die plek se naam is die Joondalup Resort.

Die volgende oggend het ons 4:00 opgestaan om betyds te wees vir ons 6:30 vlug na Melbourne. In Melbourne het Arno Nel wat die Australië deel van die toer gerëel het ons by die lughawe ontmoet. Hy het ons bietjie die stad gaan wys .Toe het ons gaan” soundcheck” doen. Daar was so 250 mense by die vertoning.

Die volgende oggend vertrek ons om 06:00 per vliegtuig na Brisbane. Dit rëen “katte en honde” toe ons daar land. Die aand met die vertoning het dit nog steeds gerëen maar dit kon nie die skare mense stop om saam ons te kom kuier nie. Daar was so 800 mense.

Die volgende oggend 11:00 het ons gevlieg van Brisbane na Rockhampton. Die aand het ons by die casino opgetree en daar was 100 mense.

Die volgende more het ons met 'n huurmotor vertrek van Rockhampton na Bundaberg .Dit was vir ons baie lekker gewees om bietjie rond te ry en bietjie meer van die Australiese “countryside” te sien. Toe ons in Bundaberg aankom het ons bietjie gaan kyk na die plek waar hulle Bundaberg Rum maak. Dit was baie interessant. . . . . .

Die volgende more het ons vertrek na Brisbane waar ons die eerste afdag gehad het van die toer. Ons het die aand 'n lekker braai gehad in Brisbane.

Die volgende oggend vertrek ons 11:25 na NZ en land ons 5:25 in Auckland.
New Zealand is n pragtige land waar die mense heeltemal rugby mal is. “n Plek waar mens waarlik 4 seisoene in 1 dag beleef.

Die eerste vertoning was Hamilton. Dit was ‘n gtoot sukses gewees met ongeveer 400 mense in die gehoor..

Die volgende aand was die hoofkonsert in Auckland by die Bruce Mason Teater. Weer was daar ongeveer 800 mense.

Die volgende dag was die vertoning in Whangerei .Dit was 'n middag vertoning en die saal was stampvol mense. Daarna is ons op toer geneem - 'n vlug in 'n ligte vliegtuig oor Auckland en die eilande. Wat ‘n belewenis!

Volgende dag is ons na Napier. Die vertoning was ook 'n groot sukses gewees.
Die volgende more het ons vertrek na Wellington waar ons vir 2 dae bietjie kon rus.

Die 2de aand het ek en Johan bietjie uitgegaan waar ek toe 1 van die local bands se show oorgeneem het en vir die mense Mustang Sally gesing het. ‘n Onvergeetlike aandjie!

Saterdag het ons gevlieg na Christchurch waar al die aardbewings op daardie stadium plaasgevind het. Ek en Johan was maar redelik skrikkerig, en het vir die mense by die hotel gevra of ons asb ‘n kamer op die grondvloer kan kry.

Die aand het ons’ n vertoning gehad in die Aurora Center Auditorium .Daar was ongeveer 150 mense gewees.

Die volgende more het ons vertrek na Ashburton. Dit was ook baie mooi gewees. Ons het die middag 'n lekker boere middag ete geniet op ‘n plaas saam ‘n klomp Suid Afrikaners. Na ete het hulle ons die melkplaas gewys en ons het gesien hoe 3 mense 800 koeie melk. Daardie middag het ons ‘n vertoning in die dorp gehad. Dit was baie aangenaam en daar het so 100 mense opgedaag om die vertoning te sien.

Dit was die einde van ons toer gewees .Die volgende more vertrek ons uit Christchurch so net na 7:00. Vandaar na Sydney en toe die 15 ure vlug terug na Suid -Afrika. Vir my mense het ek laat weet “dis nou tyd….. 4:40 more oggend vir julle…hier by ons? Ons sien julle vandag, julle sien ons more???” Die tyd verskil is baie erg!

Die toer was ‘n Great Sukses en dankie vir almal daar vir die ondersteuning!